KitsKerk Inligtingstelsel

Installeer SQL Server 2012 Express

Belangrik: Die stappe is soortgelyk vir SQL Server 2014 Express.

SQL Server 2012 Express word net op alleenstaande rekenaars wat nie op 'n netwerk is nie, of die bediener in die geval van 'n netwerk, geinstalleer. U moet Windows 7SP1 (Service Pack 1), Windows 8 of Windows 8.1 gebruik om SQL Server 2012 (of 2014) Express te installeer. 

Indien u Windows 7 gebruik, moet u ook Service Pack 1 installeer. Kliek hier vir meer inligting. U sal die onderstaande foutboodskap sien indien u probeer om SQL Server 2012 Express te installeer op 'n Windows 7 rekenaar sonder Service Pack 1.

nosp1

Kliek hier om SQL Server 2012 Express af te laai. U moet óf die 32bit óf die 64bit weergawe van SQL Server 2012 Express aflaai. Indien u onseker is of u 32bit of 64 bit Windows het, kliek hier. Indien u die 32bit weergawe benodig moet u die lêer ENU\x86\SQLEXPR_x86_ENU.exe (116.7mb) aflaai. Indien u die 64bit weergawe benodig moet u die lêer ENU\x64\SQLEXPR_x64_ENU.exe (132.3mb) aflaai.

Maak alle programme op die rekenaar toe voordat u voortgaan.

LET SPESIFIEK OP DIE INSTRUKSIES IN ROOI.

Hierdie installasieproses is omvattend maar glad nie moeilik nie. Wees asseblief geduldig en volg die stappe noukeurig. Indien u onseker is, vra u I.T. personeel of diensverskaffer om die installasie namens u te behartig.

Dubbelkliek die lêer wat u afgelaai het om met die installasie te begin. Indien die onderstaande venster verskyn, kliek "Yes".

sqlexpress1

Dit mag 'n minuut of twee neem vir die onderstaande venster om te verskyn. Kliek "New SQL Server stand-alone installation or add features to an existing installation".

sqlexpress2

Tydens die eerste paar stappe sal u die onderstaande venster 'n paar keer sien. Wag asseblief geduldig.sqlexpress3

Sodra die volgende venster verskyn, maak 'n merkie langs "I accept the license terms" en kliek "Next".

sqlexpress4

Indien die onderstaande venster verskyn, kliek "Next". Dit kan 'n hele rukkie neem vir hierdie stap om afgehandel te word, veral as daar 'n aantal opdaterings is om af te laai.

sqlexpress5

Indien u die onderstaande venster sien, wag asseblief geduldig.

sqlexpress6

Wanneer die onderstaande venster uiteindelik verskyn, moet niks verander nie. Maak seker "Database engine services" is gemerk. Kliek dadelik "Next".

sqlexpress7

Wag weer 'n oomblik wanneer u die onderstaande sien.

sqlexpress8

Sodra die onderstaande venster verskyn, maak seker "Named instance" is geselekteer en dat sqlexpress langs beide "Named instance" en "InstanceID" staan en kliek "Next".

sqlexpress9

Wanneer die onderstaande venster verskyn, maak seker beide die "SQL Server Database Engine" en die "SQL Server Browser" se "Startup Type" is "Automatic" en kliek "Next".

sqlexpress10

Op die volgende venster, merk "Mixed Mode" en tik die wagwoord sa123X!@# in. [03/11/2015: Vanaf bou 2016 kan u enige wagwoord gebruik. Maak egter 'n nota van die wagwoord. Dit word die wagwoord vir gebruiker 'sa' genoem.] U gaan hierdie wagwoord later benodig wanneer u met die KitsKerk databasis koppel. Kliek "Add Current User" en kliek "Next".

sqlexpress11

Op die volgende venster, kliek "Next". Die installasieproses van SQL Server 2012 Express begin in werklikheid nou eers. Dit kan enigiets van 10-45 minute duur. Daar is enkele gevalle waar dit selfs heelwat langer neem.

sqlexpress12

Wanneer u die onderstaande venster sien, is SQL Server 2012 suksesvol geinstalleer. Indien u hier enige foute opmerk, stuur asseblief e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .

sqlexpress13

Noudat SQL Server 2012 Express geinstalleer is moet u 'n paar verstellings doen. Op Windows 7, in die Start kieslys, kliek op SQL Server Configuration Manager onder Microsoft SQL Server 2012 > Configuration Tools. Op Windows 8 en 8.1 kan u onder "All Apps" op die Start venster kyk vir SQL Server Configuration Manager.

sqlserverconfig1

Indien die onderstaande venster verskyn, kliek Yes.

sqlconfig2

Kliek op "SQL Server Network Configuration" aan die linkerkant. Kyk in die regterkantste paneel dat beide die "SQL Server Browser" en "SQL Server (SQLExpress") se toestand "Running" is en dat hul elkeen se "Start Mode" op "Automatic" is. 

Indien dit nie die geval is nie kan u op hul regskliek en op "Start" kliek. Indien hul "Start Mode" nie op "Automatic" is nie kan u op hul regskliek, na "Properties" gaan, na "Service" gaan, en die "Start Mode" verstel. Indien u enige probleme ondervind, stuur asseblief e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .

sqlconfig3

Kliek op die pyltjie langs "SQL Native Client 11.0 Configuration (32bit)" om dit oop te vou. Kliek op "Client Protocols". Maak seker beide "TCP/IP" en "Named Pipes" is "Enabled". Indien enige van hulle nie "Enabled" is nie, regskliek op dit en kliek dan "Enabled".

sqlconfig4

Kliek op die pyltjie langs "SQL Server Network Configuration". Kliek dan op "Protocols for SQLEXPRESS". Maak ook hier seker dat beide "TCP/IP" en "Named Pipes" op "Enabled" is. Indien dit nie die geval is nie, sal u nie oor die netwerk met die bediener kan kommunikeer nie.

sqlconfig

Indien daar 'n tweede voorkoms van die "SQL Native Client 11.0 Configuration" is, doen dieselfde as in die eerste geval.

Kliek heel laaste weer bo op "SQL Server Services". Regskliek op "SQL Server (SQL Express)" en kliek "Restart".

sqlrestart

Om seker te maak alles werk korrek, herbegin ("restart") asseblief die rekenaar.