Skep 'n nuwe databasis
Sodra u KitsKerk suksesvol geinstalleer het en die program oopgemaak het moet u 'n nuwe databasis skep. Indien u KitsKerk op 'n netwerk gebruik moet u dit op die bediener doen. Om dit te doen, kliek die Databasis inkeping (tab) en kliek Nuwe Databasis.
Voltooi die venster met die toepaslike inligting. Op die bediener of 'n alleenstaande rekenaar sal die bediener localhost en die instansie sqlexpress wees as u hierdie stappe gevolg het. Die gebruikernaam sal sa wees en die wagwoord dié wat u tydens die installasie van SQL Server 2014 Express gebruik het.
