Welkom by KitsKerk Inligtingstelsel!

KitsKerk gemeenskap en bediening

KitsKerk Inligtingstelsel is 'n omvattende, moderne gemeente-administrasie- en inligtingstelsel. Dit is ontwerp om tradisionele sowel as eietydse gemeentes te help om hul lidmate, gesinne, bedieninge, kommunikasie en administratiewe prosesse doeltreffend op een plek te bestuur. Sluit vandag aan by die KitsKerk familie en ontdek doelgerigte gemeente-administrasie.

Maklieke en moderne gemeente-administrasie

Lidmate en gesinne Bestuur gesinne, gesinsverhoudings, kontak- en lidmaatskapbesonderhede
Bediening en organisasie Organiseer wyke, groepe, kategese, diensgroepe, werkgroepe en meer
Moderne wolktegnologie Werk veilig vanaf enige toestel met 'n betroubare internetverbinding
Gedeelde kundigheid Ontwikkel deur I.T. kundiges in oorleg met gemeentes

Meer krag. Minder administrasie.

Gebruik maklieke meng-en-pas kitsfilters om die presiese gemeentelyste saam te stel wat jy benodig.
Stoor jou gemeentelyste vir vinnige toekomstige gebruik.
Voer jou gemeente- en ander lyste makliek na Excel uit.
Geen sagteware-installasie of databasisinstellings is nodig nie.
KitsKerk word outomaties bygewerk, sodat jy altyd toegang tot die jongste toepassing het.
Predikante, die kerkkantoor, groepleiers, kategete, katkisante en lidmate gebruik almal dieselfde wolktoepassing.
Werk enige tyd, vanaf enige plek en op enige moderne toestel met 'n goeie internetverbinding.
Elke gemeente het 'n openbare blad waar lidmate in kernkommunikasie kan deel sonder dat hulle hoef aan te teken.
Skep geteikende afkondigings, kalenderinskrywings en dokumente vir spesifieke diensgroepe, werkgroepe en ander gehore.
Stuur grootmaat-SMSe en grootmaat-e-pos binne sekondes direk vanuit KitsKerk.
Sinkroniseer jou gemeentekalender met Google en Outlook.
Bou 'n omvattende profiel van elke lidmaat met administratiewe inligting, vasgepende adresse en besoekpunte, lidmaatspesifieke dokumente en meer.
Kry treffende intydse grafieke en statistiek.
Jou gemeente se inligting word outomaties in die wolk gerugsteun.
Jou gemeente se inligting word deur moderne wolk- en toepassingsekuriteit beskerm; die besonderhede word hieronder uiteengesit.
KitsKerk voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming, die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, die Kinderwet en die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.
Met die uitsondering van gemeentes wat KitsKerk gratis gebruik, is al die funksies vir alle gemeentes beskikbaar — daar is geen funksionele modules wat afsonderlik aangekoop moet word nie.
Geniet 'n moderne ontwerp en 'n vloeiende, intuïtiewe koppelvlak.
en selfs meer. Doen vandag nog navraag!

KitsKerk is 'n wolktoepassing: enige tyd, enige plek!

Geniet toegang vanaf feitlik enige plek met enige moderne toestel, bedryfstelsel en blaaier.

Windows Android Apple Selfoon Tablet Rekenaar
Toegang vanaf enige plek Meld aan deur 'n moderne webblaaier. Al wat benodig word, is 'n goeie internetverbinding.
Vir enige skermgrootte Die uitleg pas aan vir selfone, tablette, skootrekenaars en groot rekenaarskerms.
Deurlopende ontwikkeling Nuwe funksies en verbeterings word beskikbaar gestel sonder dat die toepassing herinstalleer moet word.
Gemeentes help vorm die produk Terugvoer van gebruikers help ons om KitsKerk tot almal se voordeel te verbeter.

Neem asseblief kennis: Die oorspronklieke KitsKerk Windows-toepassing word nie meer in stand gehou nie. Ons lewer nog bystand vir gemeentes wat dié toepassing gebruik tot einde 2027.

Eenvoudige, deursigtige kostestruktuur

Gemeentes kan KitsKerk gratis toets tot 31 Desember 2026 (beperkings van toepassing). Opsionele dienste soos SMSe, grootmaat-e-pos en KI-prentkrediete is uitgesluit.

Gemeentefooi
Vanaf R0

Die maandelikse gemeentefooi word volgens die aantal lidmate bepaal.

Lidmaattoegang
Vanaf R0

Opsionele maandelikse toegang vir lidmate en ander gemagtigde gebruikers.

Gemeentefooi Maandelikse fooi volgens die gemeente se aantal lidmate.
Tot 40: Gratis
41–100: R150 p.m.
101–500: R200 p.m.
501–2500: R250 p.m.
2501–5000: R300 p.m.
Meer as 5000: R350 p.m.
Lidmaattoegangsfooi Gee lidmate toegang tot KitsKerk. Die aantal gebruikers sluit lidmate in.
Eerste 100 gebruikers Gratis
101–500 gebruikers R250 p.m.
501–1000 gebruikers R350 p.m.
1001–2500 gebruikers R550 p.m.
Daarna, per 1000 gebruikers R550 p.m.
Stoorruimte in die wolk Dokumente kan opsioneel in die wolk gestoor word. Bykomende ruimte kan op aanvraag gehuur word.
1 GB ingesluit
SMS-bondels Minimum aankoop van 100 SMSe per bondel.
30c per SMS
Grootmaat-e-pos Ongeveer 1 000–2 000 e-posse per uur, onderhewig aan daaglikse perke.
8c per e-pos
KI-prentkrediete Opsionele krediete vir KI-prentgenerering.
10 krediete: R250
20 krediete: R490

Maandelikse fooie is per debietorder betaalbaar op die 1ste van elke maand, of op die eerste besigheidsdag daarna wanneer die 1ste op 'n naweek of openbare vakansiedag val.

'n 5% korting word toegestaan waar die volle jaargelde vooruit betaal word.

Veiligheid en sekuriteit

KitsKerk word ontwerp met veiligheid, privaatheid, betroubaarheid en regulatoriese nakoming in gedagte. KitsKerk is gebou met behulp van gevestigde Microsoft-wolktegnologieë.

Enkripsie

Data word met TLS beskerm terwyl dit oorgedra word en word beveilig wanneer dit in die wolk gestoor word.

Rolgebaseerde toegang

Gebruikers kry slegs toegang tot die gemeentes, funksies en inligting waarvoor hulle gemagtig is.

Identiteitsbestuur

Moderne verifikasie, rekeningbestuur en toegangsbeheer help om gebruikersrekeninge te beskerm.

Webaanvalbeskerming

Die toepassing gebruik beskerming teen algemene bedreigings soos SQL Injection, XSS en CSRF.

Geografiese redundansie

Wolkinfrastruktuur en redundansie help om die risiko van dataverlies en infrastruktuuronderbrekings te beperk.

Bedreigingsopsporing

Azure SQL ondersteun databasisouditering, sekuriteitsmonitering en bedreigingsopsporing.

Private dokumentberging

Azure Storage gebruik private houers, streng toegangsbeheer en tydelik beveiligde SAS-toegang.

Deurlopende opdaterings

Microsoft en die KitsKerk-ontwikkelingspan pas gereeld sekuriteits- en platformverbeterings toe.

TLS-enkripsie Microsoft Azure Rolgebaseerde toegang Private wolkberging Gereelde opdaterings POPIA-bewuste ontwerp

Rejoining the server...

Rejoin failed... trying again in seconds.

Failed to rejoin.
Please retry or reload the page.

The session has been paused by the server.

Failed to resume the session.
Please retry or reload the page.